Besoedeling van stilte

De mens is bekommerd oor elke vorm van besoedeling, maar min mense dink aan die besoedeling van stilte.

Daar is min stilte in hierdie tyd waarin ons leef:

  • Verkeer geraas, vliegtuig en helikopter geraas.
  • Oordonderde musiek geraas.
  • Televisie geraas.
  • Gedruis van mense stemme in bymekaarkom plekke.
  • Binne ons: bekommernis angstigheid, vrees en onsteltenis geraas.
  • Werk en oormoegheid geraas.
  • Gejaag na geld en roem geraas.
  • Media geraas.

Baie mense glip gereeld weg na kampeer plekke en plekke in die natuur om van die dolle gejaag en geraas weg te kom, om soedoende stilte en rustigheid te ervaar.

Stilte

  • Stilte is daar waar mens net die natuur kan hoor.
  • Stilte is daar wanneer daar vrede en rustigheid in my gemoed is.
  • Stilte is waar ek die stem van God die beste kan hoor.

Op ons stoep hang ‘n bordijie met die woorde: “Wees stil my siel en luister .. God skreeu nie Hy fluister.

Uit die Bybel

  • Deuternomium 27:9 (2020 vertaling) Wees stil en luister, Israel”.
  • 1 Konings 19:12 – 13 (1983 vertaling) “Na die vuur was daar ‘n fluistering in die windstilte”. Eliia hoor toe God se stem wat met hom praat.
  • Job 37:14 (2020 vertaling) “Staan stil en gee aandag aan God se wonders”.
  • Psalm 4:5 (1983 vertaling) “As jy onsteld raak, moenie sondig nie; Dink in stilte daaroor na as jy gaan lê”.
  • Psalm 37:7 (1983 vertaling) “”Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie onstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie”.
  • Psalm 37:11 (1983 en 2020 vertaling) “Bedaar en erken dat ek God is”.
  • Jesaja 30:15 (1983 vertaling) “Julle krag lê in stil wees en vertroue hê”.
  • Sefanja 1:7 (1983 vertaling) Wag in stilte op die Here God”.
  • Matteus 14:13 (1983 vertaling) “Toe Jesus dit hoor, het Hy met ‘n skuit daarvandaan weggegaan na ‘n stil plek om alleen te wees”. Dit was nadat Jesus gehoor het van Johannes se onthofing.
  • Markus 1:35 (2020 vertaling) “Vroegoggend toe dit nog donker was, het Hy opgestaan, buitentoe gegaan en na ‘n verlate plek vertrek. Daar het Hy gebid”.
  • Lukas 5:16 (1983 vertaling) “Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid”.
Bybelstudie by kerslig

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui