Die Naam van God in die eerste skeppings verhaal is “God” en in die tweede skeppings verhaal “Here God”
Eerste skeppings verhaal
Genesis 1 tot Genesis 2:3 vertel die eerste skeppingsverhaal wat waarskynlik tydens die Babiloniese ballingskap geskryf is. Heelwat later as die res van Genesis. Die skeppingsverhaal staan teenoor die Babilonies skeppingsverhale wat in die omloop was.1
Die verhaal lyk asof dit in ‘n digvorm geskryf is. Elke skeppingsdag begin met “God het gesê”. Na die afloop van ‘n skeppingsdag kry ons die woorde “En dit was aand en dit was oggend – dag een” of “En dit was aand en dit was oggend – ‘n ‘soveelste’ dag”. (2020 vertaling).
Aan die einde van die sesde dag het God na alles gekyk wat Hy gemaak het en gesien dit was baie goed.
Dag vier tot ses volg mooi op oor wat gemaak is in dag een tot drie:
| Dag | Wat is geskep | Dag | Wat is geskep |
| 1 | Lig. God het die lig dag genoem en die donker nag. | 4 | Twee groot ligte (son en maan) asook die sterre. |
| 2 | Die waters op die aarde met die hemel daar bo-op | 5 | Visse en voëls |
| 3 | Droë gron wat land genoem is. Water op een plek wat see genoem is. Op die land groen gewasse en bome wat vrugte dra. | 6 | Diere en die mens |
Op die sewnde dag het God gerus.
Tweede skeppings verhaal
Die tweede skeppingsverhaal in Genesis 2:4-25 word beskryf uit voorbeelde van die landbou.
- Vers 4 sê: God het die hemel en die aarde gemaak.
- Aarde was droog sonder enige gewasse – want die Here God het dit nog nie laat reën nie.
- Ondergrondse water het opgestoot om die grond nat te maak.
- Die Here God het die mens met stof uit die aarde gevorm. Die mens het begin lewe toe die Here God lewens asem in die mens se neus geblaas het.
- Die Here God het ‘n tuin aangelê en die mens daarin laat woon.
- Die Here God het allerhande bome laat groei.
- Die mens moes die tuin bewerk en oppas.
- Die Here God vorm al die diere van die veld en die voëls van die hemel.
- Die Here God bring al die diere en voëls na die mens om te hoor wat hy hulle sou noem.
- Die Here God laat ‘n diep slaap oor die mens kom en neem een van sy ribbebene en maak die vrou daaruit as sy helper.
Die mens se reaksie toe die Here God die vrou na hom bring in vers 23 (2020 vertaling):
“Hierdie een is die keer been uit my eie gebeente, vlees uit my eie vlees. Hierdie een sal vrou genoem word, want uit die man is sy geneem.”

- Gekry vanuit Die Bybel A-Z ↩︎
