Oor Bybel student

Hoekom Bybel student:

  • Psalm 119:16. In U voorskrifte vind ek vreugde; ek sal U woord nie vergeet nie. (2020 vertaling)
  • Psalm 119:64. Here U troue liefde vul die aarde; leer my U voorskrifte. (2020 vertaling)
  • Psalm 119:105. U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my lewenspad. (2020 vertaling)
  • Efesiers 6:17. en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. (1983 vertaling)
  • 2 Timoteus 3:16-17. Die hele Skrif is deur God geinspireer en het groot waarde om die waarheid te onderig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek. (1983 vertaling)

Ek wil God se woord bestudeer sodat Sy woord vir my ‘n lig op my lewenspad sal wees, en ek Hom al beter sal leer ken. Ek wil God se woord bestudeer sodat ek sal weet hoe om die swaard van die Gees te hanteer.

Ek wil my verlustig in God se woord. Hoe kan ek dit doen as ek nie Sy woord ken nie.

Philip Vivier

Gereed vir Bybelstudie