In hierdie joernaal vertel ek hoe ek die klein profete Nahum tot Sefanja onthou.

Nahum
Profesie van oordeel teenoor Nineve.
Nineve, hoofstad van Assirië, sal vernietig word. Die Here wreek hom oor die gruwel dade van die Assiriëss teenoor Juda.
Hierdie klink amper soos ‘n Jona preek.

Habakuk
Habakuk se twee kwel vrae aan God.
- Hoekom laat God die groot onregverdiheid in die land toe en doen niks daaromtrent nie? Die wet verloor sy krag.
- Hoekom laat God dit toe dat die Galdeërs hulle so swaar laat kry?
Dan in hoofstuk 3 Habakuk se loflied.

Sefanja
Sefanja het drie afdelings: (uit Die Bybel A-Z)
- Die Here se oordeel oor Juda en sy inwoners – die dag van die Here.
- Die Here se oordeel oor die nasies (buurvolke van Juda en Assiriërs).
- Oordeel en redding van Jerusalem.
Nederigheid is baie belangrik vir Sefanja.


Ek vind die inligting oor die klein profete baie interessant.
Is dit moontlik om die tydperke waarin hulle opgetree het te publiseer?