Ek wil julle wys hoe ek die klein profete Haggai tot Maleagi onthou.

Haggai
Tweede kortste boek in die Ou Testament. Dit is geskryf na die ballinge terug gekeer het.
Haggai doen ‘n oproep tot die herbou van die tempel.
Haggai bemoedig Serubbabel en Josua die hoëpriester en sê dat God met hulle is.

Sagaria
Sagaria is ook geskryf na die ballingskap.
Sagaria bemoedig ook Serubbabel en die hoëpriester Josua in die herbou van die tempel.
Sagaria sien agt gesigte:
- Die ruiters op die bruin, vos en wit perde.
- Die vier horings.
- Die man met die maatlyn.
- Die hoëpriester Josua wie se klere liederik bevuil was.
- Die kandelaar van goud.
- Die boekrol wat in die lug sweef.
- Die graan mandjie.
- Die vier strydwaens.

Maleagi
Maleagi is die nuutste boek in die Ou Testament.
God of die profeet maak ‘n stelling en die volk bevraag dit elke keer:
| Stelling | Teenvraag |
| Ek het julle lief. | Hoe het U ons lief? |
| Julle het My met minagting behandel. | Hoe het ons U met minagting behandel? |
| Die Here wil nie meer julle offers aanneem nie. | Waarom dan nie? |
| Julle het die Here moeg gemaak. | Waarmee het ons Hom moeg gemaak? |
| Bekeer julle tot My. | Waarom moet ons ons bekeer? |
| Tog beroof julle My. | Waarvan beroof ons U? |
| Julle het vermetele dinge oor My kwyt geraak. | Wat het ons oor U gesê? |

