Wat is “Die Klein Profete”

Wat is die “Klein Profete”? Hoe lyk dit in die Hebreeuse Bybel? Hoe is hulle gerangskik in die Ou Testament?

Die Klein Profete is die boeke Hosea tot Maleagi in die Ou Testament. “Klein Profete” beteken nie dat hulle minder belangrik is nie, maar net dat hulle nie so lank soos die “Groot Profete” Jesaja, Jeremia en Esegiël is nie.

Plek merk

Hebreeuse Bybel

In die Hebreeuse Bybel vorm “Die Klein Profete” saam een boekbundel. Dit word genoem “Die Boekrol van die Twaalf Profete”. 1

Plek merk

Volgorde of rangskikking van die “Klein Profete”

Die Klein Profete is min of meer gerangskik volgens die tyd waarin hulle geleef het. Daar is ‘n ander interessante patroon in die rangskikking. Die profete wat in die Noordryk (Israel) opgetree het word telkens met ‘n profeet wat in die Suidryk (Juda) opgetree het afgewissel: 2

IsraelJuda
HoseaJoël
AmosObadja
JonaMiga
NahumHabakuk

Sefanja het ook in Juda opgetree. Haggai, Sagaria en Maleagi het na die ballingskap opgetree.

  1. Hierdie gegewens kry ek hoofsaaklik uit “Die Bybel A-Z”. Maar ook uit die 2020 vertaling van die Bybel ↩︎
  2. Hierdie kom uit “Die Bybel A-Z”. ↩︎
Ou Nederlandse Bybel met roos

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui