Wat is die lydensaankondigings
Dit is waar Jesus Sy disipels vertel dat Hy baie moet ly en sterf en na drie dae opgewek word.
Daar is drie lydensaankondigings in elk van die eerste drie evangelies: Matteus, Markus en Lukas.
Gebeure voor en na elke lydensaankondiging
* Net voor: Petrus se belydenis nadat Jesus die disipels gevra het wie hulle dink Hy is: (2020 vertaling).
| Matteus 16:13-20 | “U is die Christus, die Seun van die lewende God” |
| Markus 8:27-30 | “U is die Christus” |
| Lukas 9:18-20 | “Die Christus van God” |

Die eerste lydensaankondiging
Matteus 16:21-23, Markus 8:31-33, Lukas 9:21-22
Matteus en Markus vertel hoe Petrus Jesus eenkant toe geneem het en Hom berispe het met Jesus se antwoord “Gaan weg agter my, Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar die dinge van mense.” (Markus 2020 vertaling)
* Net na: Hoe Jesus gevolg moet word.
As iemand Jesus wil volg moet hy homself verloƫn, sy kruis opneem en Jesus volg. Matteus 16:24-28, Markus 8:34-38 en Lukas 9:23-27
* Tussen in: Verheerliking van Jesus op die berg.
Matteus 17:1-13, Markus 9:2-13 en Lukas 9:23-27
* Net voor: Jesus maak ‘n seun gesond
Matteus 17:14-21, Markus 9:14-29 en Lukas 9:37-43

Die tweede lydensaankondiging
Matteus 17:22-23, Markus 9:14-29 en Lukas 9:44-45
* Net na: Vraag: wie is die belangrikste in die koninkryk van God
Matteus 18:1-5, Markus 9:33-37 en Lukas 9:46-48
* Net voor: Die ryk jong man met sy vraag hoe om die ewige lewe te verkry.
Matteus 19:16-30, Markus 10:17-31 en Lukas 18:18-30

Die derde lydensaankondiging
Matteus 20:17-19, Markus 10:32-34 en Lukas 18:31-34
* Net na: Versoek van Jakobus en Johannes.
Matteus20:20-28 en Markus 10:35-45 (Lukas vertel nie hierdie vraag van Jakobus en Johannes nie)
* Net na: Genesing van ‘n blinde.
Om Lukas in te sluit.
| Matteus 20:29-34 | Matteus praat van twee blindes. |
| Markus 10:46-25 | Markus gee ‘n naam aan die blinde: Bartimeus, die seun van Timeus. |
| Lukas 18:35-43 | Lukas praat van een blinde. |

