Die klein profete (1)

Die klein profete is seker die mins bekende boeke in die Bybel. Ek wil graag hieronder vertel hoe ek onthou waaroor elke boek gaan. In hierdie joernaal vertel ek die onthou van Hosea tot Amos.

Hosea

Hosea is die profeet wat met ‘n prostituut moes trou. Hy moes sy kinders spesifieke name gee: (Uit 2020 vertaling)

Naam

  • Jisreël
  • Lo-Rugama
  • Lo-Ammi

Betekenis

  • God saai
  • Sonder ontferming
  • Nie my volk nie

Geslag

  • Seun
  • Dogter
  • Seun

Israel het weg gehoereer vanaf God. God het hulle egter lief en wil Israel terugneem. Israel moet terug kom na God.

Joël

Die groot sprinkaanplaag:

Die sprinkaanplaag is ‘n oproep tot die volk om hulle te bekeer. Vir die wat hulle bekeer wag daar weer voorspoed.

Amos

Die boer wat profeet geword het:

Amos is ‘n skaapboer in Tekoa (1:1) in Juda. Hy het ook met wildevye geboer (7:14).

Hy het in Israel (noordryk) geprofeteer tot groot ergernis van die Israeliete. Die priester Amasia beveel hom om terug te gaan na Juda en daar te profeteer.

Amos sien vyf gesigte:

  • Sprinkane
  • Vuur
  • Skietlood
  • Mandjie vrugte
  • Die Here by die altaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui