Die klein profete (2)

Ek wil julle graag vertel hoe ek Obadja, Jona en Miga onthou.

Obadja

Obadja profeteer teen Edom, die nageslag van Esau.

Edom sal vernietig word want hulle het hulle verlekker in die ondergang van die Judeërs. Die teruggekeerde Judeërs sal Edom se grondgebied in besit neem.

Jona

Jona is die bekendste boek van die klein profete.

Jona is die verhaal van:

  • Jona wat deur die Here geroep word om in Nineve te gaan profeteer oor hulle vernietiging.
  • Jona vlug weg van die Here na Tarsis.
  • Die matrose gooi Jona in ‘n hewige storm oorboord.
  • God stuur ‘n groot vis om Jona in te sluk.
  • Jona kom tot inkeer en die vis spoeg hom op droë grond uit.
  • Die Here roep weer vir Jona en die keer gaan hy na Nineve.
  • Al die mense van Nineve bekeer hulle tot God en God spaar hulle.
  • God leer Jona ‘n les met die vinnge rankplank waaronder hy skuil, en die plant wat dan deur ‘n wurm opge-eet word.

Miga

Die groot hofsaak.

God lê ‘n klag teen Jerusalem en Samaria, teen die leiers en vals profete.

God roep die berge en heuwels op om die klag aan te hoor.

Na die straf aankondiging volg die aankondiging van herstel en die Mesias verwagting.

Bybelstudie tydens beurtkrag

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui