
Hierdie oordenking kom uit die boek “Hebreërs vir vandag” deur Andrie du Toit.
Hebreërs 1:2-4
Daar word agt kenmerke van Jesus gegee in afwisselende kategorië: Skepping en God se wêreld.

Skepping
- Erfgenaam van alle dinge. Alles behoort aan Jesus.
- Skepper. Deur Jesus is die wêreld geskep.

God se wêreld
- Jesus straal God se heerlikheid uit.
- Jesus is die ewebeeld van God.

Skepping
- Jesus hou alles in stand.
- Jesus bewerk reiniging van sondes. Ons verlossing.

God se wêreld
- Jesus sit aan die regterhand van God. Die heel belangrikste posisie.
- Jesus is verhewe bo die engele soos wat Sy Naam uitnemender is as hulle sin.
‘n Pragtige kleurprent van Jesus!

