Sonde, wet, dood – Jesus, geloof, vryspraak.

Plek merk

Romeine 1 Sonde bring dood.

Aanhef, Dankgebed en Paulus se roeping.

  • 1:1-7. Brief van Paulus, afgesonder vir die evangelie van God, geroepe apostel deur die genade van Jesus Christus. Die brief is gerig aan die geliefdes in Rome.
  • 1:8-12. Paulus se dankgebed oor die gelowiges in Rome. Hy dink gedurig in gebed aan hulle. Hy wil graag na hulle gaan sodat hulle in mekaar se geloof bemoedig kan word.
  • 1:13-17. Paulus begeer om die evangelie aan die Romeine te verkondig want :16 “Ek skaam my immers nie vir die evangelie nie, want dit is ‘n krag tot verlossing vir elkeen wat glo”. (2020 vertaling)

Sonde en straf. (1:18-32)

  • God se toorn en straf word vanuit die hemel vertel teenoor die wat aanhou om die waarheid deur hulle ongeregtigheid te verdruk.
  • Om God te ken en dien is binne hulle bereik geplaas, maar hulle eer en dank God nie en verkies om mensgemaakte afgode te aanbid.
  • Daarom gee God hulle oor aan die drange van hulle hart, aan sedelike onreinheid en aan skandelike drifte.
  • Hulle is mense wat weet dat die wat so verkeerd lewe die dood verdien. Hulle hou egter aan met die verkeerde dinge en moedig selfs ander aan om net so verkeerd te lewe.
Plek merk

Romeine 2 God oordeel regverdig.

Oordeel en regverdiging (2:1-11)

  • God oordeel regverdig. Elkeen wat ander oordeel wat so verkeerd lewe sal ook nie die oordeel vryspring nie, want hulle doen ook verkeerde dinge.
  • God wat ryk is aan goedheid, verdraagsaamheid en geduld wil daardeur elkeen wat verkeerd lewe tot bekering bring.
  • Vir elkeen wat aanhou kwaad doen wag lyding, verdrukking en benoudheid.
  • Vir elkeen wat die goeie doen wag ewige heerlikheid, eer en vrede.

Nakoming van die wet. (2:12-16)

  • Nie die hoorders van die wet word vrygespreek nie maar wel die wat doen wat die wet vereis.
  • Heidene wat nie die wet het nie, maar van nature doen wat die wet vereis wys dat die eise van die wet in hulle harte geskrywe staan.
  • Wanneer Christus Jesus die verborge dinge van die mense oordeel sal gesien word dat hierdie mense die regte dinge gedoen het.

Jode skuldig voor God – Ware besnydenis en Jode. (2:17-29)

  • Omdat Jode nie getrou die wet nakom nie is hulle skuldig voor God.
  • Wanneer ‘n onbesnede mens die voorskrifte van die wet uitvoer sal hulle as besnede gereken word.
  • Hulle is ook innerlik Jode en sal lof van God ontvang.
Plek merk

Romeine 3 Vryspraak deur geloof in Jesus.

God se trou en regverdigheid. (3:1-8)

  • Die Jode is bevoorreg want God het Hom aan hulle bekend gemaak en Sy woorde aan hulle toevertrou.
  • Die Jode was egter ontrou. Ten spyte van die Jode se ontrou bly God getrou.
  • God is nie onregverdig as hy die Jode en ook vir ons straf nie. Hy is regverdig.

Almal het gesondig. (3:9-20)

  • Almal het gesondig. Daar is niemand regverdig nie.
  • Geen mens kan deur wetsonderhouding geregverdig of vrygespreek word nie.

Vryspraak deur geloof. (3:21-31)

  • Almal wat glo in Jesus Christus word vrygespreek.
  • God toon Sy genade deur Jesus Christus te gee as offer. Deur die bloed van Jesus is versoening met God bewerkstellig.
Plek merk

Romeine 4 Jesus sterf en is opgewek sodat on kan lewe.

Voorbeeld van Abraham. (4:1-12)

  • Abraham is nie op grond van sy dade vrygespreek nie.
  • Die Skrif sê dat Abraham het in God geglo en God het hom vrygespreek.
  • God het Abraham vrygespreek voordat hy besny was.
  • Abraham is die vader van almal wat glo, al is hulle nie besny nie.

Ontvangs van belofte van God deur geloof. (4:13-25)

  • God het Abraham belowe dat hy en sy nageslag die hele wêreld as besitting sou verkry.
  • God het hierdie belofte nie gemaak omdat Abraham die wet nagekom het nie maar omdat hy vrygespreek is deurdat hy in God geglo het.
  • Ons wat in God glo, wat Jesus uit die dood opgewek het, word ook vrygespreek.
  • Jesus is ter wille van ons oortedings oorgelewer en Hy is opgewek sodat ons vrygespreek kan word.
Ou Nederlandse Bybel met roos

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui